In 1980 word hy ons eerste swart Springbok rugbyspeler – te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf kindsbeen tot met die groot oomblikke in die groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid.
Die waarheid agter legendariese rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias ’n rekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie ‘Dok’ Craven. Hier is ook Tobias se opinie oor vandag se kwotastelsels.
Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sý kant van die saak.
Errol Tobias: Suiwer goud / Johan van Zyl — Tafelberg, 1 September 2015; sagteband. — ISBN 9780624071891
Errol Tobias: Suiwer goud,
Bettie Blom,
4 Oktober 2015.