Radio Kalahari Orkes – Pretoria

Die talentvolle Ian Roberts met sy Radio Kalahari Orkes wat toere doen oor die breedtes van ons land (en Europa). Geen dorpie waar hulle al was sal weer dieselfde wees nie.

Dis `n goeie ding. Nee, regtig. Ok behalwe Pofadder, maar ons praat eerder nie daaroor nie.

Onbeheerstelike toonklap musiek wat ruik, proe en klink na die veld, die lug en die ritme van `n windpomp in `n stowwerige landskap. `n Mengelmoes van Rock & Roll, Ghoema, Latyns, Jazz en Afrikana wat harder skop as mampoer jong!

RKO gebruik Trekklavier, Viool, Pennyfluitjies, Kitare, Bas, Tromme, Mondfluitjies en soms `n Sitar.

Die stemme vertel stories wat mens laat verlang na iemand wat jy nie ken nie.

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R140 – R160
Tydsduur: 90 minute (sluit 20 minute pouse in)
Plek: Atterbury-teater, Lynnwood, Pretoria
Datum: 4 November 2015 – 08:00

Radio Kalahari Orkes – Pretoria,
Roekeloos,
3 Oktober 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply