Eve was altyd haar pa se witbroodjie, al is sy bynaam vir haar Kaffertjie.
Tot sy eendag te hard voor haar pa se vriende lag. Toe gryp hy sy belt en slaan en slaan en slaan haar – voor almal.
Later jare bly dít haar eerste herinnering, dat haar pa nooit regtig lief was vir haar nie. Maar sy leer gou hoe om mans om haar pinkie te draai.
Eers die Babi by die hoekkafee, dan die Joodse shopkeeper met sy hand in sy broek terwyl sy klere aanpas. En later haar standerdvyf-kunsmeneer. Maar met hom brand sy haar vingers. Want liefde met ‘n volwasse man is nie kinderspeletjies nie. En niemand sal glo sy’s die onskuldige party nie …
Eve word op 20 September 2011 vrygestel.
Skrywer: Sandra Charles
ISBN: 9780795703997
Prys: ongeveer R 210.00
Formaat: Sagteband, 416pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

