Flarde: ‘n Novelle

“Die shakes, sê ek. Ek sweet myself papnat in die nag. Ek sien goggas en goete. Die vlermuise – ek koes heeltyd koes of hulle vlieg in my vas. En oheretog! die springkane.

Hy lag: jy het een moerse verbeelding aan jou”

Soos haar karakters het Marlize Hobbs se verbeelding geen grense nie.

In hierdie debuutwerk bevind ’n jong, wit maatskaplike werker haar in een van die mees verlate swart gemeenskappe in die land. Sy raak betrokke by ’n groep Tswanas en soos die karakters die een na die ander gestalte kry, word dit onmoontlik om die boek neer te sit. Die boek word allerweë as vernuwend beskou.

Lewer kommentaar

Leave a Reply