Fokuspunte en verfraaiings in eietydse tuine

Hierdie opvolg van Eietydse tuine handel oor verfraaiings en fokuspunte wat die aandag trek en tuine interessant maak.

Leer hoe om standbeelde, beeldhouwerk, vaste strukture, waterverfraaiings, fokusplante en veel meer te gebruik om jou tuin pragtig af te rond.

Manjifieke foto’s van tuine regdeur die land, wat spesiaal vir die boek geneem is, se uitgebreide byskrifte verduidelik hoe jy die geïllustreerde effek in jou eie tuin kan verkry.

Daar is hope wenke en aanbevelings, dus is die boek nie net ‘n visuele inspirasie nie, maar het dit ook ‘n skatkis van beproefde, praktiese raad.

Die inhoud sluit die volgende in:

• Paadjies en plaveisel
• Houers
• Kleur en die effek wat dit gee
• Randjies en afwerking
• Standbeelde en beelhouwerk
• Oorspronklike idees
• Ligte en beligting
• Plante as fokuspunte

Koop / Buy Fokuspunte en verfraaiings in eietydse tuine >>


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply