As uitgesproke kommenatator wat voor en ná 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wêreldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan.
Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met dié van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.
Hermann Giliomee: Historikus – ‘n Outobiografie verskyn op 28 November 2016.
Hermann Giliomee: Historikus – ‘n Outobiografie / deur Hermann Giliomee — Tafelberg, 28 November 2016; 364 p. ; sagteband. — ISBN 9780624066835
Hermann Giliomee: Historikus – ‘n Outobiografie,
Bettie Blom,
12 November 2016.

