
Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree.
Deur sy lewe sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind.
Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk.
Maestro is ’n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek ’n viering van kunstenaarskap en menswees.
Maestro / Marié Heese — Human & Rousseau, 1 September 2016; 480 p. ; sagteband. — ISBN 9780798173926
Maestro,
Bettie Blom,
13 November 2016.
