Koukonap
Net soos die Vaalrivier in vloed die dorpie Koukonap bedreig, bly die Fouries se lewens ook nie onaangeraak deur die groter kragte van die middel twintigste eeu nie. Lood en Lenie se seun Dries en sy twee broers is gedurig op die rivier in hul kano’s. Daar is Ênie Malmok en Japie Tarentaal van die lokasie, oupa Sarel wat dalk ’n regte, egte Boereheld was, neef Boet wat doedelsak speel in die kroeg … die hele kringloop van die lewe.
Goudduiwel
Agent Rex Reynecke lei ’n ondersoek vir die Valke. Sy verhouding met Alicia blom, maar dan verdwyn haar broer – as hoofverdagte in ’n moordsaak. Spoedig blyk die verdwyning verband te hou met die ABO se Krugermiljoene, en Rex moet hom red van die duistere Ysterhoutlaer.
In dié aksiebelaaide roman bou die spanning op tot in Skukuza – wilde jaagtogte op stofpaaie wat nie vir kat-en-muis-speletjies met kragtige voertuie gemaak is nie …
