Bettie Blom,
5 April 2015.
Met Kamee maak Roela Hattingh haar debuut as kortverhaalskrywer.
Die 24 verhale in hierdie bundel fokus op sentrale temas soos verlange, verlies, liefde en begeerte, wraak en menslike broosheid.
Roela Hattingh is veral geïnteresseerd in aspekte uit die ervaringswêreld van vroue, en daarom tref die leser dikwels vroue as sprekers en protagoniste aan. Nietemin vind Hattingh se belesenheid en navorsing neerslag in uiteenlopende situasies en vertellerstemme. Die titel (in Engels: “cameo”) simboliseer verlies, herinnering en verewiging.
’n Waardevolle toevoeging tot die Afrikaanse kortverhaaltradisie in die styl van Henriette Grové en Elise Muller.
Kamee / deur Roela Hattingh — Human & Rousseau, 1 April 2015 — 144 p. ; sagteband. — ISBN 9780798169172