Kleur in jou tuin

Hierdie boek sal jou help om die belangrikheid van kleure, tinte en skakerings te besef en om tussen kleure soos bloupienk en salmpienk, of rooibruin en karmosynrooi, te onderskei.

Dit wys jou hoe om kleurskemas sorgvuldig te beplan eerder as om rond en bont te plant; hoe om gebruik te maak van goed geplaaste kleurgroepe wat harmonies saamsmelt, of van doelbewuste kontraste vir ’n dramatiese effek. Tussen die uiterstes van ’n streng beheerde kleurpalet en die lukrake ‘kleurstrooisel’-effek van kolle gemengde kleur, is daar ’n magdom treffende kombinasies wat hier breedvoerig bespreek en ryklik geïllustreer word.

Kleur in jou tuin is propvol praktiese wenke en raad; dit wys jou hoe om kleur ten beste te benut deur jou bewus te maak van die enorme verskeidenheid plante wat byeengebring kan word om ’n asemrowende geheelbeeld te skep.

Die inhoud behels onder andere:

  • Algemene ontwerpidees
  • Die kleurwiel in die teorie en praktyk
  • Individuele kleure met hul kombinasies
  • Voorstelle vir aanplanting
  • Volledige plantlyste met botaniese en volksname, kleure en blomtye, asook bondige kweekinligting
  • En nog baie meer!

Hierdie boek is van onskatbare waarde vir enigeen op soek na nuwe idees en inspirasie.

Koop / Buy Kleur in jou tuin

Lewer kommentaar

Leave a Reply