Klinkklaar

 

Hierdie keur met 50 gedigte plus CD word in samewerking met Elisabeth Eybers se Nederlandse uitgewer, Querido, uitgegee. (Die voorwoord deur Ena Jansen is in Nederlands.)

Elisabeth Eybers het die een pragbundel na die ander geskryf, eers in Suid-Afrika en later in Nederland, maar sy het selde indien ooit daaruit voorgelees. Min mense ken dus haar stem, haar musikale Afrikaans, haar sorgvuldige, presiese uitspraak. Maar in 2005, toe sy al ouer as negentig jaar was, het sy haar dogter Marita Wessels en die Eybers-kenner Ena Jansen toegelaat om vyftig gedigte by haar aan huis op te neem. Die vyftig gedigte, vergesel van die tekste, word hier aangebied.

Eybers lees Eybers – iets waarna mens ademloos kan luister.

Elisabeth Françoise Eybers is op 26 Februarie 1915 op Klerksdorp gebore. Sy word groot en gaan skool op Schweizer-Reneke, waar haar pa predikant was. Op 16-jarige ouderdom gaan studeer sy aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar sy haar BA-graad en haar BA Honneursgraad (met onderskeiding) behaal. Sy is daarna lid van die kunsredaksie van Die Vaderland en ook die redakteur van die tydskrif Die Moderne Vrou.

Klinkklaar 

Klinkklaar

Sy debuteer in 1936 met die digbundel, Belydenis in die skemering. Sodoende word sy die eerste vrou wat ’n digbundel in Afrikaans publiseer, en in 1943 is sy die eerste vrou wat met die Hertzogprys bekroon word. In 1961 vertrek sy na Nederland om aanvanklik net vir ’n jaar te gaan. Sy woon uiteindelik vir 46 jaar daar tot met haar sterfte op Saterdag 1 Desember 2007 op 92-jarige ouderdom in Amsterdam.

Sy het talle pryse ontvang onder meer die Hertzogprys (1943, 1971), CNA-prys (drie maal), WA Hofmeyr-prys, Out Mutual-prys en in Nederland is sy ook met die gesogte PC Hooft-prys (die vernaamste Nederlandse literêre prys), die Herman Gorter-prys en die Constantijn Huygens-prys bekroon.

Lewer kommentaar

Leave a Reply