Kreatiewe inkleurboek vir grootmense

Kreatiewe inkleurboek vir grootmense,
Bettie Blom,
17 Januarie.
’n Inkleurboek met ’n verskil. Waar inkleur gewoonlik ’n aktiwiteit is wat klein kindertjies ure lank besig kan hou, verskuif die fokus hier na ’n ander teikengroep – gespanne en bekommerde volwassenes.

Behalwe dat inkleur stres verminder, span baie terapeute ook kunsterapie in. Dié prettige boek met sy 128 bladsye vol van die mooiste ontwerpe sorg vir ’n inkleurervaring wat jou nie net na ’n ander wêreld sal meevoer nie, maar ook die kreatiewe siel in jou na vore sal bring. Dis ’n wonderlike manier om die tyd te verwyl terwyl jy vir die kinders of die dokter wag – of sommer alleen by die huis vir jou daaglikse ek-tyd.

Kreatiewe inkleurboek vir grootmense — Human & Rousseau, 15 November 2014 — 128 p. ; sagteband. — ISBN 9780798168502

 

2.5


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply