Kristalvlakte

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ’n lewe aanmekaar.

’n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ’n pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis.

Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ’n gemeenskap, ’n verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ’n sosiale werklikheid oop tot op die been.

Kristalvlakte / deur Amy Jephta — Tafelberg, 1 September 2016; 72 p. ; sagteband. — ISBN 9780624080008

Kristalvlakte,
Bettie Blom,
15 November 2016.

Kristalvlakte

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply