Lyne – nuwe Afrikaanse tydskrif

‘n Nuwe uitgawe van die splinternuwe Lyne sal met die aanbreek van elke nuwe seisoen op die rak wees.

Lyne, onder redaksie van Liani Maré, bevat artikels oor ’n verskeidenheid onderwerpe om aanklank te vind by die wye belangstellingsveld van hul mark.

Lyne het ontstaan as ‘n Kersgeskenk waar ‘n versameling blogs in ‘n tydskrif omskep is.

In die tydskrif sal jy meer kan lees oor reis, kuns, kos, leefstyl- en aktuele sake. Dit sal ook resensies en onderhoude met ’n verskeidenheid mense – sommiges bekend en ander minder bekend – wees. Mettertyd gaan jy ook blootgestel word aan die werk van bekende sowel as opkomende skrywers.

Visuele ontwerp, foto’s en uitleg is onder die bekwame hand van Stefanie de Beer, die kunsredakteur.
Lyne wil nie resepmatig wees nie. Die vars aanslag gaan jou laat wonder wat volgende kom.

Die inhoud is subjektief en word nie aangebied om n groter ideologie van buite te verteenwoordig nie. En dit is waar die sterkte van Lyne lê. Ons glo daar is n gaping in die tydskrifmark vir ’n meer subjektiewe aanslag. In die huidige ekonomiese klimaat is daar dwang op die publikasiebedryf om aan te pas by die verwagtinge van ‘n spesifieke groep lesers en die manier hoe adverteerders hulle produkte aanbied.

Hulle teikenmark is skeptiese, skeppende en onkonvensionele mense wat hopelik op soek is na ’n publikasie wat nie doekies omdraai nie.

Lyne beloof om jou emosioneel te raak, jou te laat lag, iets te gee om aan te herkou en dalk laat dit jou selfs dink.

Die Herfsuitgawe van Lyne is by die volgende plekke te koop teen R50 per kopie:
a. Pierneefteater Pretoria
b. Boekehuis Auckland Park
c. Protea Boekhuis Potchefstroom
d. Protea Boekhuis Stellenbosch
e. PLUS Restaurant Capital Park Pretoria
f. CJ’s Hair Studio Nelspruit

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar