Die derde uitgawe van hierdie handige naslaanbron is omvattend bygewerk en uitgebrei.
Internasionale en plaaslike feite is volgens agt temas gerangskik: Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport, skoonhede, algemene kennis en wetenswaardige feite. Elke tema is verder verdeel in kleiner relevante kategorieë.
Dit is in ‘n handige formaat en groter gedruk vir leesgerief. Hier is al die antwoorde wat jy nodig het om jou Afrikaanse blokraaisel suksesvol te voltooi – ‘n ideale geskenk!
Moeg-gesoek Blokraaigids / Adri Burger — Pharos, 1 April 2016; sagteband. — ISBN 9781868902026
Moeg-gesoek Blokraaigids,
Bettie Blom,
28 Augustus 2016.

