
Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Van die ongenadige Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers, Afrika-curio’s en luukse lodges; tussen ’n verslonsde Bolandse hoewe met ’n grieselige dam vol visse en die glans-en-skanswêreld van internasionale diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi se vrou is visvoer.
Maar vir Kassie is dalk die belangrikste van als: sal sy onskatbaar waardevolle seëls die aardbewings oorleef daar waar hulle ver oor die wêreld swerf?
Rudie van Rensburg doen dit weer in sy vierde Kassie Kasselman-roman.
Pirana / Rudie van Rensburg — Queillerie, 20 Mei 2016; sagteband. — ISBN 9780795801099
Pirana,
Bettie Blom,
28 Augustus 2016.
