Soetloop

Die vroeë 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is – en Pa wat slaap in die buitekamer!

As kinderoppasser by vername mense leer sy later ’n fyner lewe ken, maar toe sy ’n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af.

In Soetloop keer Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in Hoogty is hier meelewende insig in ’n brak lewenspad – maar tog met sy varswater-soetlope.

Soetloop / E. Kotze — Kwela, 1 September 2016; 388 p. ; sagteband. — ISBN 9780795707735

Soetloop,
Bettie Blom,
27 Augustus 2016.

Soetloop

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar