Fynbos is een van die uitsonderlike skatte van suidelike Afrika. Hierdie boek is een van die gewildste gidse oor die onderwerp.
Die boek het al vantevore verskyn onder die titel Explore the Cape Flora, maar word nou uitgegee as Exploring Fynbos. Die nuwe uitgawe bevat die jongste beskikbare inligting oor die onderwerp en hoop om bewaring van dié flora aan te wakker onder ‘n jonger generasie. Dit bevat nie net inligting oor die flora nie, maar ook oor die diere wat daarmee geassosieer word. Dit wys ons die interafhanklike rol tussen dier en plant.
Die interessante onderwerpe word in eenvoudige taal toegelig en is goed geïllustreer met foto’s. Die ‘did you know’ en ‘things to do’ insetsels maak dit net so ‘n titseltjie meer opwindend om om te blaai.
Exploring Fynbos is ‘n lewendige boek wat die onderwerp interessant uitbeeld vir ‘n jonger generasie en ons almal bewus maak van die belangrikheid daarvan om ons natuurlike omgewing te beskerm.
Koop / Buy Exploring Fynbos >>
Koop / Buy Exploring Fynbos >> (e-Boek PDF DRM 🙁 )
Koop / Buy Exploring Fynbos >> (e-Boek PUB DRM 🙁 )
