Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe.

Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s ‘n uitgebrande chirurg, ‘n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, ‘n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en ‘n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat.

Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is ‘n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie.

‘n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag 9 Augustus landwyd draai.

Stroomop / deur Adeline Radloff — Queillerie, 10 Julie 2018 ; sagteband. — ISBN 9780795801747 : R 240.00

Stroomop
Bettie Blom
15 Julie 2018

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply