Sonya van Schalkwyk-Barrois het twee nuwe Asterix-boeke in Afrikaans vertaal. Sy is onder meer ook die vertaler van die Kuifie-boeke.
Asterix en die Koperpot
Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou.
Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel.
Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul?
Asterix en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Asterix in Spanje
Die dapper Iberiërs hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliërs reg om te help.
Asterix en Obelix kry vir Pépé uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pépé trotseer …
Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Asterix en die Koperpot / René Goscinny, illustrasies deur Albert Uderzo — Protea Boekhuis, Junie 2017; sagteband. — ISBN 9781485304289
Asterix in Spanje / René Goscinny, illustrasies deur Albert Uderzo — Protea Boekhuis, Junie 2017; sagteband. — ISBN 9781485306085

