Hilde se Hartsklanke op Via-kanaal het by duisende aanklank gevind.

Soos ons die bekendstelling van haar eerste CD nader word ons meer bewus van die behoefte om Hilde se storie te vertel. Die musiek, haar grootword-jare in Nieuwoudtville en haar kronkelpad
na sukses het duisende geïnspireer om hulle stories te begin deel. En so oud soos die San-rotskuns in die Kalahari, so oud is die stories wat ons saam met ons dra.

Stilettos op die Grondpad verken Hilde se twee harte – een vir die Nama-taal, rieldans, ‘fyn-knyp’ musikante en die ander hart klop vir rooi Mac-lipstiffie en 6-duim Jimmy Choo’s!

* DEBUUT *

Met: Hildegardt Whites

Regie: Jody Abrahams

Teks: Leon Kruger
Musiek: Kuba Silkiewicz
Vervaardiger: Diaan Lawrenson

Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R120
Plek: Kunstetrust-Odeion, Bloemfontein
Datum: 22 Jul 17:00

Vrystaat Kunstefees 2017


Stiletto’s op die grondpad


Stiletto’s op die grondpad


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply