Samson Kambalu is een van enkele professors uit Afrika verbonde aan die Universiteit van Oxford.

Die Goodman Galery in Kaapstad bied tans ’n reeks kortfilms van Kambalu aan in sy unieke styl wat hy noem Nyau Cinema. In die uitstalling, Ghost Dance, poog hy om “tyd”, “ritueel” en “waardes” op ’n speelse manier uit te beeld vanaf ’n nie-Westerse perspektief.

Nyau verwys na Malawiese rituele wat mens altyd assosieer met die uitsonderlike maskers wat gebruik word. Die films is egter in Amerika gemaak en mens kry ’n mengelmoes van Westerse beelde uit ’n ander oogpunt.

Die uitstalling duur tot 12 Augustus 2017.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar