Twee skrywers oorlede

Twee wêreldbekende skrywers is die afgelope paar dae oorlede.

Umberto Eco, ’n Italiaanse skrywer en filosoof, is oorlede in die ouderdom van 84 jaar.

Eco se bekendste boeke is seker The Name of the Rose en Foucault’s Pendulum.

Harper Lee, die Amerikaanse skrywer, is oorlede in die ouderdom van 89 jaar.

Sekerlik een van die bekendste Amerikaanse bydraes tot die literêre wêreld, To Kill A Mockingbird, het uit haar pen gevloei.

Lewer kommentaar

Leave a Reply