Vlegsels: stap vir stap

Om lang hare in ‘n vlegsel te dra is ‘n groot tendens onder jong meisies regoor die wêreld.

Hierdie boek, deur Deense skoolmeisies Marie Wivel en Laura Arnesen, bevat meer as 20 verskillende soorte vlegsels wat stap vir stap beskryf en met behulp van kleurfoto’s geïllustreer word. Dit het ontstaan uit ‘n blog en Instagram-profiel wat hulle in April 2013, uit verveling tydens ‘n skoolstaking, begin het. Vlegsels van alle soorte is hulle passie, maar ook die gesellige samesyn van vriendinne, of ma’s en dogters, wat mekaar se hare vleg.

Vlegsels: stap vir stap word die week vrygestel.

Vlegsels: stap vir stap / Marie Wivel en Laura Arnesen — Tafelberg, 15 Oktober 2015; sagteband. — ISBN 9780624076261

Vlegsels: stap vir stap,
Bettie Blom,
12 Oktober 2015.

2

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply