Wat praat jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met ’n eenvoudige voorbeeldsin verklaar.
Dit word verder toegelig deur aan te dui van watter taal die uitdrukking of woord afkomstig is. C.J. Langenhoven het ’n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gemaak en De Wet toon ook aan wanneer ’n uitdrukking van hom afkomstig is.
Heelwat spreekwoorde is afkomstig van die Bybel.
Wat praat jy! is ’n besondere naslaanwerk.
Skrywer: Johanna de Wet
ISBN: 9781869193881
Formaat: Sagteband, 498pp
Wat praat jy!
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)