Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17-24 September te koop sal wees. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die fees as gevolg van die Covid-pandemie volgende jaar vanaf Maart na September verskuif is, sal die feestema, en daarmee ook die titel van die bundel, eers volgende jaar bekend gemaak word.
Die algehele wenner, wat by die bundelbekendstelling gedurende die 2021-fees aangekondig sal word, wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, ontvang prysgeld van R5 000.
Die lys van skrywers wat in die 2021 US Woordfees Kortverhaalbundel opgeneem word, in alfabetiese volgorde, is:
- Coen Basson
- Karien Brits
- Dan du Plessis
- Illona Edwards
- Ryno Eksteen
- Brian Fredericks
- Audrey Jantjies
- Tarina Jordaan
- Lynthia Julius
- Sisca Julius
- Anna Kemp
- Jennie Kruger
- Karen Loots
- Isabel Martinson
- Michèle Meyer
- Estelle Nagel
- Wessel Pretorius
- Deborah Steinmair
- Adriaan Steyn Hendricks
- Amorine Strydom
- Gerda Taljaard
- Jaco van der Merwe
- Madeleen Welman
- Jelleke Wieringa