Beasts of the Southern Wild

Beasts of the Southern Wild
Roekeloos

Meeste “kunsfilms” word as ontoeganklik beskou en as veeleisend ervaar deur die publiek. Regisseur Benh Zeitlin se film hou die storie eenvoudig, maak sy gehoor gemaklik en verloor nie jou aandag nie, selfs wanneer die bonatuurlike betrek word. So toeganklik is dit dat sommige kinders selfs hierna sal kyk, want Zeitlin vang die wêreld van die kind vas op indrukwekkende wyse. Die hoofkarakter, Hushpuppy (Quvenzhané Wallis), is deels hiervoor te danke, want sy kom baie natuurlik voor. Zeitlin se styl en Wallis se gemaklike houding laat mens by tye wonder of dit ‘n storie is, of dalk ‘n dokumentêre film.

Dit is deels dokumentêr, want Zeitlin het glo vriende en familie betrek by die vervaardiging en die teks herskryf saam met die akteurs.

Bogenoemde beteken nie dit is alles bloot oppervlakkig nie. Beasts of the Southern Wild krap aan verskeie sosiale so wel as politieke vraagstukke. Zeitlin laat dit aan jou oor om jou eie boodskappe daarin te lees: die lot van die armes, die agteruitgang van die omgewing, ens.

Beasts of the Southern Wild is oorspronklik en uniek en verdien die Oscar-nominasie as een van die beste films van 2012.

Beasts of the Southern Wild
Beasts of the Southern Wild

Regisseur: Benh Zeitlin

Met: Quvenzhané Wallis

4 / 5

PS Ook verskeie pryse gewen in Cannes en by Sundance.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply