Sacha Baron Cohen is terug met ‘n nuwe karakter, Brüno, maar die resep is presies dieselfde as vir sy Borat.
Ongelukkig het Cohen, wat ook die skrywer is, letterlik Borat: Cultural Learnings of America for Make Benefit Glorious Nation of Kazakhstan herhaal. Die een toneel op die ander uit Borat speel weer af, net met ander karakters.
‘n Tweede aanklag teen Brüno is dat dit te veel fokus op skokkende elemente, dit lyk soos ‘n poging om die gebrek aan oorspronklikheid te verdoesel. Dit is ook so oordadig dat dit ongeloofwaardig raak. Die tonele voel bietjie lank en uitgerek sodra dinge soos oëverblindery begin lyk.
Aanhangers van Sacha Baron Cohen sal steeds Brüno geniet. Dit is baie snaaks by tye. Die karakter kom veral tot sy reg wanneer Cohen minder uitspattig is en die fokus plaas op sy slagoffers, mense wat soms net so skokkend is soos Cohen se karakters.

Met: Sacha Baron Cohen
Regisseur: Dan Mazer
3 / 5
12 Julie 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
