Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Met: Angelina Jolie en John Malkovich
Regisseur: Clint Eastwood
Die eerste ding wat jy moet weet van Changeling is dat dit ‘n ware verhaal is. Dit is ongelooflik om te dink dat die gebeure plaasgevind het. ‘n Ma word vervolg, omdat sy nie ‘n vreemde kind as haar verlore seun wil aanvaar nie.
Die tema is gelaai met melodrama, maar regisseur Clint Eastwood slaag nie daarin om die sterk gevoelens by die kyker te verwek nie. Die verskillende tonele word nie lekker saamgebind tot ‘n geheel nie. Tussen gevoelvolle tonele word jy deur brouwerk afgestomp.
Angelina Jolie kwyt haar goed van haar taak in die rol van die hartseer ma, maar haar reusagtige rooi lippe staan uit soos ‘n pitsweer op Eastwood se knap komposisies.
Terwyl Clint Eastwood se hand in hierdie film duidelik is, is dit nie op dieselfde standaard as byvoorbeeld Million Dollar Baby nie.
Vir diegene wat hou van tonele wat aan die hart ruk en bereid is om deur die swak dele vas te byt … vir twee en ‘n halwe uur.
7 / 10
bydrae: JM
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
