Gabrielle ‘Coco’ Chanel is moontlik die bekendste modeontwerper ter wêreld. Wie is sy? Waar het dit alles begin?
Haar toetrede tot die glansryke wêreld van haute couture en die bevestiging van haar status as ikoon van die feminisme was alles behalwe maklik. Sy was ‘n brandarm weeskind wat lank die minnares van perdetelers was.
Coco avant Chanel fokus op die aanvangsjare van haar loopbaan. Dit begin waar twee dogtertjies by ‘n weeshuis afgelaai word deur hul pa. Hy draai nie eens om totsiens te waai nie.
Jare later werk hulle bedags as stiksters en snags sing hulle vir die meesal besope massas. Coco se ontsnapping van hierdie omstandighede begin wanneer sy hoed begin maak.
Coco avant Chanel se filmstel is met besondere vernuf gebou en neem jou terug na ‘n era wat lank reeds verby is. Dit is egter wanneer die Franse aktrise Audrey Tautou haar voet op die stel sit dat die film ware trefkrag kry. Sy was ‘n uitstekende keuse vir die rol. Sy is so te sê perfek as die skaam jong wesie met ‘n amper vervolgingsmentaliteit wat uiteindelik ontluik as ‘n gewilde modeontwerper, omtrent die mode self is.

‘n Uitstekende keuse as jy jou nuwe meisie of jou vrou wil beïndruk.
Regisseur: Anne Fontaine
Met: Audrey Tautou
4 / 5
25 September 2009
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar