Roekeloos
Mel Gibson se oë is altyd effens groter oop as wat dit moet wees. So asof hy PMS onder lede het en iemand nou net vir hom gesê het sy boude is dik.
Daar is hopeloos te min films deesdae soos Edge of Darkness. Flieks waarin die speurder nog ’n jas dra en lyk asof hy jou enige oomblik met die kop gaan slaan (natuurlik die rol wat Mel Gibson vertolk). Ja, dis bietjie ou skool, maar dit werk.
As jy Edge of Darkness gaan kyk moet jy verkieslik nie weet wat gebeur en wie vir Gibson kwaad maak nie. Van die oomblik dat die pôpô die van strike weet jy *hkgk.
Gibson was lanklaas in ’n rol, maar hy is behoorlik op sy stukke. Die film steun swaar op sy karakter en hy stel nie teleur nie.
Edge of Darkness is nie perfek nie. Daar is verskeie probleme wat mens sou kon uitwys, maar in geheel gesien is dit ’n lekker spanningsverhaal en ’n goeie rede om ’n slag te gaan fliek.

Regisseur: Martin CampbellMet: Mel Gibson, Ray Winstone, Danny Huston & Shawn Roberts
* hier kom groot kak
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
3 / 5
