Roekeloos,
8 Januarie 2015.
Vir ’n gruwelfilm is Jessabelle bra mak en die bangmaaktonele beslis nie oorspronklik nie. Die basiese storielyn is nie te sleg nie, maar daar is te veel fieterjasies wat dit uiteindelik bederf.
Jessabelle gaan huis toe na ’n motorongeluk waarin sy haar wederhelf en ongebore baba verloor. Sy is in ’n rolstoel en haar alkoholis pa is nie die beste persoon om na haar om te sien nie. Dan ontdek sy ’n videokasset van haar oorlede ma.
Dis nie rêrig ’n baie goeie film nie, maar jy bly tog kyk. Vir die eerste keer sedert Sleeping Beauty sien mens weer Sarah Snook se potensiaal, wat uiteindelik in Predestination sterk na vore kom.
Met: Sarah Snook, Mark Webber & David Andrews
Regisseur: Kevin Greutert
Teks: Robert Ben Garant
Genre: Gruwel
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 1 uur 30 minute
