Mike Nichols, een van Amerika se mees geliefde regisseurs op Broadway en in Hollywood, is Woensdag 19 November 2014 oorlede. Hy was 83 jaar oud.
Sy films sluit in Who’s Afraid of Virginia Woolf? (1966), The Graduate (1967), Catch-22 (1970), Carnal Knowledge (1971), Working Girl (1988), Postcards from the Edge (1990) en The Birdcage (1996). Sy laaste film was Charlie Wilson’s War (2007).
