Die akteur en regisseur Philip Seymour Hoffman is Sondag dood aangetref in sy New York woonstel. Hy was 46 jaar oud.
Die polisieondersoek tans sy dood nadat hy gevind is met ‘n spuit in sy arm en heroïne in sy woonstel gekry is.
Hoffman het ‘n Oscar ontvang vir beste akteur vir sy rol in die 2005-film Capote, ook drie benoemings ontvang, vir Charlie Wilson’s War (2007), Doubt (2008) en The Master (2012).
