Susannah York, ‘n bekende aktrise in die 1960’s, is op die ouderdom van 72 na ‘n lang stryd teen beenmurg-kanker oorlede.
Dié Britse aktrise het wêreldberoemd geraak vir haar rolle in films soos Tom Jones (1963), A Man For All Seasons (1966) , Battle of Britain (1969), Superman (1978), Superman II (1980), A Christmas Carol (1984) en Superman IV: The Quest for Peace (1987).
Sy het ’n BAFTA-toekenning ontvang vir beste byspeler in They Shoot Horses – Don’t They (1969) en is as beste aktrise aangewys by 1972 se Cannes filmfees vir haar rol in Images (1972).


