The Iron Lady


Is Meryl Streep goed in The Iron Lady? Beslis ja. Is die film so goed soos Streep? Nee, wat.

As jy regisseur Phyllida Lloyd en skrywer Abi Morgan glo was Margaret Thatcher ‘n feminis wat aanhoudend koppe gestamp het met die manne in die politiek. Oor die formidabele Thatcher se politiek en nalatenskap is die film egter vaag en ontwykend.

Die verhaal word vertel uit die oogpunt van ‘n bejaarde Thatcher wat deur haar oorlede man Denis (Jim Broadbent) se besittings kyk en terugdink aan haar loopbaan. Streep is briljant as beide die politikus en bejaarde vrou.

Uit ‘n historiese en biografiese oogpunt is die film ‘n flop, maar Meryl Streep sal jou mond laat oophang.

The Iron Lady
The Iron Lady

The Iron Lady
Drama, Biografie

Regisseur:

Phyllida Lloyd

Skrywers:

Met:

Meryl Streep,
Jim Broadbent,
Richard E Grant

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply