The Virgin Suicides

Met: James Woods, Kirsten Dunst, Josh Hartnett, Scott Glenn, Danny DeVito en Kathleen Turner
Regisseur: Sofia Coppola

Die TV-treffer The Wonder Years het intens gekyk na grootword in die voorstede, waarin Kevin Arnold en sy mense ondanks teenstand altyd bo uitkom. Sofia Coppola, dogter van die beroemde regisseur Francis Ford Coppola van onder meer die Godfather-reeks, maak haar debuut as regisseur met The Virgin Suicides.

Coppola neem American Beauty se donker kykie na die lewe in die voorstede verder met dié prent wat handel oor die Lisbons en hulle vyf dogters. Die pragtige 13-jarige dogter skok almal wanneer sy selfmoord pleeg, en dit verander die gesin se lewe ingrypend.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar