Adam Small (1936-2016)

Adam Small is op Saterdag 25 Junie 2016 oorlede nadat hy die vorige dag ’n operasie ondergaan het.

Small was een van die reuse van die Afrikaanse letterkunde. Hy het groot aansien geniet as digter, dramaturg en akademikus. Small het veral stem gegee aan die werkersklas, beide deur die temas van sy werk en die wyse waarop hy Kaapse Afrikaans as literêre taal gevestig het.

Die erkenning wat hy moes kry het eers later in sy lewe gekom, weens die omstredenheid van sy werk vir Apartheidsinstellings. Eers in 2012 is die Hertzogprys aan hom toegeken.

Sy werk sluit in Verse van die Liefde (1957), Klein Simbool (1958), Kitaar My Kruis (1961), Sê Sjibbolet (1963), Kanna hy kô hystoe (1965), A Brown Afrikaner Speaks: A Coloured Poet and Philosopher Looks Ahead (1971), Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973), Black Bronze Beautiful (1975), Joanie Galant-hulle (1978), Krismis van Map Jacobs (1983), Kô lat ons sing (2011), Goree (2013) en Klawerjas (2013).

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar