Kieslys

Close


*/

01 Januarie
2009
Gedigte
5896 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van AB Viljoen

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Wie’s Ek?

Ek’s die een wat oor begin
Ek’s die een wat ander lewe gun.
Ek’s die een wat weg was en terug.
Al die pad van Mosambiek se mooi mooi lug!

Die Here gee my mag,
om die ribbes te laat smag,
na asem uit die nag,
solank die eer net vir Hom is hierdie dag!

Loof en prys Hom,
dien en buig voor Hom,
en dan raak jy stom,
want eendag gaan Hy kom!

 

Dis te veel

Wat help ‘n man sonder geld?
Wat help ‘n man sonder status?
Wat help ‘n man sonder kar?
Wat help ‘n man sonder familie?

Miskien emosioneel
Maar dis waar dit stop
Loop armoede by agterdeur in..
skiet liefde by voordeur uit!

Dis noodwendig so
want ons leef nie daar bo
Ons leef waar ons moet eet
moet dit nooit vergeet!

 

My nooi

Waarvandaan iemand soos jy,
wat altyd daar is en bly?
Jy kry haar in die donker tyd,
waar liefde plek maak vir verwyt!

Die sprokie klink so vals na buite,
maar kyk net deur die ruite,
en jy sal sien daar buite,
val vars reen op die kluite.

Jy bring sonskyn en rose,
en ook die appelkose.
Jy straal krag deur jou brose,
en eks die verkose.

Daai ring is groot
Daai ring is mooi
Daai ring is duur
Maar niks sal dit vir ons ontsier.

Ek wil jou hê,
vir altyd en vir ewig,
so mooi ingepas en stewig,
wil ek daar by jou lê.

As ek diedag eendag voor jou dooi,
na baie jare mooi,
en die sandtjies word gegooi,
onthou net een ding my nooi,
ons liefde was voltooi!

 

Ou vettie

waggel die gang af
rol die trappe op
vreet die bord op
drink die wyn op
los die lig af

Lust is ‘n addiction
vir die lyf van ‘n ander
of kos wat die lyf verander

 

Ons land

Die wit-graniet vinger het verbrokkel
tussen die swart Kalahari sand.
Die vars water-stroom skeur lewe in die grond
klein vergete saadtjies begin te swel.
Die eens barre swart grond oor wit graniet brokkels
word oortrek met klein plantjies wat groei
en blommetjies maak; wittes, swartes, bruines en rooies.

 

Wie weet

Wie weet wat daar gebeur?
as die fronse my gesig vertrek.
Wie weet hoe dit gebeur?
as jou lippe my nek streel
Wie weet hoekom dit gebeur?
as ons hande saggies raak
Wie weet waar dit gebeur?
as ons oë in mekaar sluit

Ek weet wat daar gebeur
as die duvet om ons vou.
Ek weet hoe dit gebeur
as ons lywe in mekaar pas.
Ek weet hoekom dit gebeur
as ons een word vir nou.
Ek weet waar dit gebeur
daar diep in my hart.

Ek weet jy weet ek weet
Jy weet ek weet jy weet
Dit word tyd om te vergeet
van daai kaste vol leed.

 

DAAI DAG

DAAI DAG WAS NAG
HARTE VOL SMART
ONS HET PA GAAN BêRE
UITGEDOS IN SWART
DAAI HARTSEER DAG

DAAI HARTSEER DAG
WIE SOU KON DINK
DIE VERLEDE WORD NIE GEBêRE
MAAR WEER BEKLINK
WAT WAS, N HARTSEER DAG

DAAR STAAN JY VOOR MY
EN JY Sê VIR MY HALLO
LOS-RUK AL DIE PERDE
HELP MY? VRA EK JOU
EK WEET DIS JY

DAAI HARTSEER DAG
WEG IS DIE SMART
PA IS GEBêRE
SEëN SY HART
DIS N NUWE DAG

GOD GEE ONS DIE DAG
OM TE VAT WAT IS MOOI
DIE VERLEDE TOE NIE GEBêRE
NOU IS JY MY NOOI
WIET DIT OOIT VERWAG

 

VANDAG IS DIE DAG

VANDAG IS DIE DAG
DIE FINALE SKEIDING
VAN WAT WAS EN TOE NIE WAS
VAN WAT WOU EN TOE NIE WOU
VAN WIE TROU EN TOE NIE TROU
VAN PA EN MA EN TOE NET MA

VANDAG IS DIE DAG
‘UNTIL DEATH DO US PART’
WAS LEE EGGOS IN DIE GHETTOS
WAS LEUENS VAN DIE SEUNS
VAN PA AAN MA EN NOU NET MA
VAN OUERS EN DOGTERS
EN NOU MA ALLEEN

VANDAG IS DIE DAG
‘IRRECONCILEABLE YOUR HONOUR”
MAAR ALS GAAN OOR N ANDER
WAT N PA GESTEEL HET
DAAR IN HAAR EIE BED
VAN ALLEEN WEES TOT SAAMWEES
VAN SAAMWEES TOT ALLEEN WEES

VANDAG IS DIE DAG
DIE SON BREEK DEUR DIE NAG
DIE VOELTJIES KWETTER IN DIE TUIN
WAT WAS, BLY WAT WAS
WAT IS, IS WAT IS
NIKS STOP VIR NIKS

VANDAG IS DIE DAG
WYS DIE WERELD JOU SLAG
ONS GAAN NOG LEKKER LAG
WANT VANDAG IS ONS DAG
DIE DAG WAT ALMAL VOOR WAG

DAAI TRAANSPOOR OM JOU DIMPELS
DAAI LAGPLOOITJIES TEEN JOU OE
DAAI PLEKKIE IN JOU HART
DAAI DROME SONDER SMART
DAAI LIEFDE VAN VERVLOEE
DAAI OORDRA OOR DIE DRUMPEL

 

KAAP NA BAHIA

JARE SE DROME SPAT DEUR DIE WATER
DIE GROENGRYS SEE SKIM WIT IN DIE WIND
BOTE BREEK DIE BLINDE LINT
DIE SEDOOS RAAK AL HOE KWATER

BORGE SE LOGOS SPAN IN DIE SEILE
WHINCHES KRAAK HUL HOUVAS OP DIE TOUE
DIE ROOIE GROENE EN DIE BLOUE
VIR N TOG VAN NOG BAIE MYLE

JONG VAARDERS PROE DIE SOUT VAN BOEGREEN
TAFEL BAAI WEERGALM VAN SKIPPERS KRETE
VIR HUL IS DIE LANDGOET VERGETE
TOG SPREEK TAFELBERG SY SEEN

DIE ONBEKENDE SUIG DIE VAARDERS VERDER
HALWE HARTE HANG IN MAGDOM BOOTJIES ROND
ANDERHALFTES VERDWYN OOR DIE POND

 

KOBA KAT (sestien jaar)

My nooi,
Pa is baie lief vir jou!
Daai eerste geskreeu in die kooi,
en ekt geweet ek kan n dogtertjie bou!
Daai laatnag trippies in die ou blou Kombie.
Ma was amper ‘n zombie
van al sus se raas
en blaas!

Daai fights,
agter in die Sani.
Die stofpad aflaai vir”frights”,
na die trane het nie jy of boetie gekla nie.
Toegewoel in ‘n groen slaapsak langs die Oranje-rivier,
jy en klein Abs styf neffens mekkaar.
Julle lyk maar naar,
roer nie ‘n spier.

Mosambiek
Die eilande en die seesiek.
Die apie en stukkende rubber duck.
Die golwe, vashou, hard bid en oorlewings luck.
Die laat nagte in die rondawel op die plaas.
Maanlig en ma se koekies en kaas.
Sus wat nie meer raas.
Net Ab’s se baas.

Grootgeword.
Geloof van Jesus omgord.
Met baie meisies maatjies geword.
Gelukkig al die seuns laat bang word,
want sus gryp hul aan die gort.
as hul voor op die wa word.

Nou is ons nooi sestien!!
Mag jy altyd so skyn vir almal.
Net vir die wat dit verdien
en vir ons.

Pappa 5 Oktober 2005

 

GEDAGVOEL

GELUKSIDEE DRUIS TEEN ALLES
JY HOORT BY DIE MALLES
EMOSIES WAT BORRELS BREEK
LAAT JOU GRYSGOED IN DIE SOUSIES WEEK

GEDAGTES:ROTS VAN WEES
GEVOELENS:TROTS VAN GEES
DADE VEROORSAAK AL DIE SKADE
EN ONDADE AL DIE KWADE

GEDAGTES IS MOS JOUNE
MAAR VAL DIT UIT JOU KOP
GAAN JY JOUSELF SKOP

GEVOELENS IS MOS JOU HART SN
MAAR SKEUR DIT UIT DIE VLEES
EN DAAR GAAN JOU MENSWEES

LAATSOMER KOM DIE WINTER KRUIP GAAN ONS VERSUIP SOOS DAAI DOOIE WATERBLOM.

 

KONFIESDE LEWE

STINKVERF IN N TOE ERF
SWARTKOFFIES EN WIMPYTOFFIES
PAAIPAPIERE EN LEE BIERE
ASBLIK WAT VAN VOLHEID STIK

VIERMURE SONDER BURE
DEURE SONDER KLEURE
GROENPYNE IN GORDYNE
ROUWKOOP WAS DIE STRAAT GEDOOP

VAALBOME EN WATERSTROME
DWARSREEN EN KOUE SEEN
TAFELWOLK EN BERGIEVOLK
LIESBEEK WAT HAAR WALLE BREEK

KOP VOL SOP
LYF MAAR STYF
MAAG WAT KNAAG
RONDEBOS OMVOU MOS AL DIE TOS

KAAP VAN STORMS
IN AL SY VORMS
HART VAN SMART
WAT DIE LEWE TART




2 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD