Miertjie

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Miertjie stap eendag na die rivier … Maar Miertjie is die moer in. “Krokidil!, Krokidil!” skree hy in sy woede.
Krokodil wonder toe wat aan gaan en hy steek sy kop bo die water. Miertjie skree weer..”Krokidil! klim uit die blerrie water uit!”
Krokidil kyk toe die storie so en wonder wat vandag met Miertjie aan gaan en Miertjie skree weer, maar die keer met vollebors, “Krokidil klim uit die donnerse water uit!’
Krokidil klim toe maar heel skrikkerig uit die water uit, want Miertjie is heeltemal befok vandag.
Miertjie loop toe al langs die rivier totdat hy by Seekoei kom en hy skree “Seekoei! Seekoei Vetgat! Klim uit die bliksemse water uit!” Nou is Miertjie eers bedonnerd en die bloed pomp na sy brein.
Na ‘n rukkie skree Miertjie weer “Seekoei klim uit die fokken water uit!”
Seekoei bekyk die storie so en wonder wat fout is met Miertjie vandag, maar tog klim Seekoei bangerig uit die water uit.
Intussen tyd vlieg Valk verby en sien dat Miertjie nie in ‘n goeie bui is nie en hy vra “Maar Miertjie wat is fout?” en Miertjie skree terug “IEMAND HET MY FOKKEN SWEMBROEK GESTEEL!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply