Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za
Gehoor ou Mike het Flinkdink verloor?
Hy’t gedink Warmbad is Zola Budd se suster.
Toe Mike van die werk af tuis kom, dring sy vrou daarop aan dat hy haar uitneem na ‘n duur plek. Toe neem hy haar saam na die vulstasie.
Mike is in die hospitaal en is ‘n moeilike pasiënt. Hy vloek en skree heeldag op die personeel. Aangesien hy bedlêend is moet alles vir hom gedoen word.
Wanneer hy ‘n bedpan benodig skree hy uit volle bors “NURSE EK WIL K … K” of “EK WIL P … S” Hy het geen maniere of respek vir ander nie.
‘n Saalsuster kry egter vir Mike om op ‘n ander manier vir ‘n bedpan te vra. “NOMMER EEN” of “NOMMER TWEE” laat die personeel sommer dadelik weet wat Mike wil doen.
Kallie beland met twee gebreekte bene in dieselfde saal as Mike. Hulle gesels nog so toe Kallie skielik besef hy het ‘n toilet nodig. Mike bied sommer dadelik aan om te help aangesien hy mos weet hoe dinge in ‘n hospitaal werk. “NURSE, NURSE” roep hy “KALLIE WIL PIS, MAAR HET NOG NIE N NOMMER NIE.”
