Gedigte van Ané Neethling

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Drome van somer

Jy weet somer is aan die kom
Wanneer die drolpere in die Bosveld blom
Wanneer die verrassende Septemberreën
Die vaal aarde met nuwe kleure seën
Wanneer die voëltjies vroegoggend begin sing
En nuwe krag vir die mensdom bring
Wanneer die wit wolkies in die lug
Maak dat die skroeiende Afrika-son vlug
Wanneer lente bloeisels in al hul prag
Die wêreld vertel van God se mag
Wanneer ‘n kindjie, jeugdig en klein
Al te heerlik speel in sy ma se tuin
Wanneer jy weer begin, jy’t ‘n tweede kans!
En jy saam met iemand in die reën kan dans
Wanneer jy vergeet van al jou sorge, terwyl
jy in die hand van jou Skepper skuil …

 

Ané Neethling
Ané Neethling

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar