Gedigte van Berdine van der Linde

Gedigte

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Seer

My storie begin met die woorde
van ‘n fairytale … lank gelede
Tog is die beelde nog helder
en dis als behalwe ‘n sprokie

Ek sien dit nog en ek voel dit nog
Daar is iemand wat smag na my
‘n Wilde dier wat dors het
en ‘n monster wat beheer verloor

Beelde flits verby
Dis ek wat wil los ruk,
voel sy klam hande … dit brand

Die trane brand my oë
Dis ek wat spartel, tervergeefs spartel
dit brand …

Ek haat jou en ek haat jou meer
Haat dra ek binne my rond
Ek voel rou en seer, my hart klop met ‘n dubbelbeat …
ek voel vuil

Hoe word ek heel?
Hoe moet en kan ek vergeef?
Ek weet ek moet vergeet en vergewe
maar hoe kan ek hom en sy dade ooit vergeef?

Jy

Jy beskerm my teen die donker
Jy’s my tuiste teen woeste storms
Jy’s my paddaprins, my vandag en môre
Jy’s my ridder op ‘n wit perd

Jy’s my tokkelok, my inspirasie
Jy’s die antwoord op my hoekom vrae
Jy’s die oggenddou en my sonopkoms
en wanneer die son sak, pik ek ‘n traan

Want ek …
Wens jy kon weet
Ek wens jy kon voel
Ek wens jy kon weet …
hoe ek voel oor jou

En waar was jy tydens my verlede?
Moes ek die pad alleen aanpak?
Moes ek eers foute maak en daaruit leer …
of moes ek net eers alleen groot word?

Ek wens ek kon weet
en ek wens ek kon verstaan
Ek wens ek kon weet …
wat Sy plan is met my

En saans wanneer ek op staar na bo,
Wanneer die maan op kom en oor ons waak
Wanneer ek die kriekies en die paddas hoor kwaak
Het ek weer vrede diep in my hart

Want …

Ek weet jy verstaan
en ek weet jy kan voel
Ek weet jy weet hoe ek voel oor jou
Ek weet jy weet …

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar