Kieslys

Close


*/

26 Oktober
2018
Gedigte
2096 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Jaco Marais

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

SMS na nêrens

Delivered, lui die boodskap op my foon,
en êrens in die lug sweef my uitreik weer na jou
Hangend wag ek in stilte asseblief tog, net die SMS-toon,
Stadig stap sekondes … tik tik tik die tyd verby …
Dan ewe skielik lui my sel , bokspring my hart woes, ek wou jou nog vertel …
verpletter val my moed my wese in mekaar … maar net verkeerde nommer wat my bel!
Tik tik tik wonder ek, het jy ooit my roep gekry
Tik tak kraak … breek die hart in my …
So raak die minute, ure … die ure, dan ‘n dag
En hier sit ek steeds … net vir jou, SMS en wag

Kaap toe

Donker môre opgestaan in ’n poging om die afstand te verkort,
na ’n opgewonde rondrol nag, ag darem netso bietjie lek vir hierdie wond.
As ek al dou voor dag deur Laingsburg trek, met die mooiste sonbreek agter my,
my hart klop nog vinnig vars, terwyl ek wonder, wanneer hierdie bloed weer gaan verklont.

Soos ’n pappa by geboorte, wag ek vir die skool klok om te lui, die deur wat oopgaan, kom kinders juigend uitgestorm, bondelend verby.
Dan tussen skree en lag , soos sonlig deur ’n wolk, kom daai twee lyfies, glinster ogies, met ope arms na my toe aan gehol!
Pappa pappa kyk net hier ’n prentjie net vir jou!
Nog nooit was vetkryt strepe bo oor lyne, presies so in die kol.

So begin die hopeloos te kort 65 ure, van , opvang, bal skop, krieket op die strand. Wegneem burgers, roomys eet …
vir enigiets minder is ons al drie net te bang?
In stories en vertellings deur, 269 ure net verloor,
Movies, stoei, kielie, lag, PlayStation challenges tot laat, doen ons lekker pappa goed, in die laaste ure oor.

Hoekom dan bang, sal jy dalk nou vra
Dis mos ’n voorreg hierdie manne tyd? Darem ’n hele naweek saam!

Maandag-oggend met opstaan tyd somber die gevoel , moet ek die diep diep trane wegsteek wat onder in my woel.
Pappa, pappa hoeveel slapies nou, gaan jy ons weer kom oplaai? Gaan ons plaas toe dan? Om bike te ry, eiers uit te haal , te swem, op die dam te roei, jou dalk help weer sorghum saai?
As rooi gehuilde ogies die trappe weer bestyg , wegraak onder ’n juffrou arm, jou beste hoop moet swyg …

Dan is my bang lankal nie meer vir die monsters in die nag, ja dan is ons bang maar net vir die 269 ure wat nou weer wag.

So kry Kaap toe gaan ’n nuwe kleur, ’n diepe mooi samet ’n lelik, lelike seer
’n moederstad so ’n slegte smaak , wat ’n verraaide hart “eenvoudig”, maar net gewoond moet raak.
Kyk almal dink dat hul verstaan, sê goed soos “Jesus weet, laat dit maar net gaan” …
EK? Ek wonder?
Ry jy ook Maandae verlangend weg, tot in ’n prentjie mooi sononder?

Victims van ’n fokop

So wie het die eerste fout gemaak …
wie het die eerste keer ook vir my aan lis se pand geraak?
Wie het die appel van die boom gesteel …
die bitter smaak wat onverdiend in my kinders se hart aan teel?
Wie het dan die eerste keer die vrou se bors waardeer …
om net vir man se kind te los met berge berge seer?
Wie was Adam of Eva dan om vir my die dood te kies …
in marteling , skuldgevoel of verwyte oor haar lies?
Wie se liefde of gedagtes het die eerste keer geflop …
en my jou alleen gelos, victims van ’n groot fokop.

Nuwe mens

Om te “glo” het te maklik geraak, om jou “lewe te gee” te eenvoudig.
“Alles” , het n nuwe waarde gekry gemeet aan aanvaarbare menslikheid.
“Wil” het vinnig wreed gesneuwel in eie ek plesier.
“Goedheid” het geword wat oorbly as ek wil luister na my dier.

“Hoop” het ver verdwaal in dit wat geld kan koop.
“Rykdom” onbekostigbaar gekoppel aan ’n martelingssieldood.
“Nederig” en “diensbaar” is net ’n woord, deur die HAT omskryf …
as iets wat iemand anders doen om liefde te bewys.

“Liefde” het net ’n daad geword, passie gedryf deur vrees, vir eie ek, eensaam en alleenheid , of die drang van mens te wees.
Onherkenbaar het “mooi” geraak, toegeplak met goed, of dit nou is met karre, makeup, travel stories of kuiers wat impress.
“Vrede” is hoe ons graag die buurt wil hê, geen konfrontasie wat iets van my sal eis …
Lank verlore is daai rus wat net deur jou oë kan wys.

Modern het ons wel geraak, in teelhokke van beton.
IT, media, internet, slimfone, kits vermaak en kos, besig met die oorleef, wees stryd, vul ’n bodemlose emmer sonder maat.
Maak ons “dit” , al hierdie “lekker” goed … die “nuwe mens” wat Jesus dan van praat.

Die branders …

… is my twyfelagtige sekerheid, my opwindende bang verlange, my drome binne nagmerrie se kloue, my skans teen dwalende soekende seer gedagtes …
My ou pilletjie , my sigaret, my bottel brandewyn, my naald en doepa, my passievolle maar wille sex, my omgee en my vashou.
Die branders is my wegkruipertjie speel met onhanteerbare emosies …
My wrede waghond oor verlange, maar ook die engel wat my liggaam streel.
Branders is drome en realiteit, gemanifesteer in water, waar alles perfek in imperfekte chaos weer en weer gebeur…
asof niks , nie die wind, die gety, die reën en storms, of alles ooit sy gang versteur.
Dalk is die vrede binne in die onsekerheid juis wat ek moet vind. Die rus en die oorlog net soos golwe, ongehinderd onversteurd, verewig, aan die see verbind.

As ek dit haat

Haat jy ook soms as jy wakker raak
Haat jy ook
… as die son weer deur jou venster loer,
So asof hy tergend jou diepe rus wil kom versteur …
Net om te kom sê, hier’s eers nog ’n dag wat moet gebeur …

Haat jy ook alleen … alleen wees in die oggend
Alleen wees deur die dag , alleen tot laat laat laat vanaand.
Alleen wanneer jy opstaan alleen as jy gaan slaap.
So alleen dat jy jou moet verbeel jy hoor iemand met jou praat.

Haat jy ook as almal sê, môre is dit beter, as alles nou om jou vergaan.
Haat jy ook dan daai môre wat nog ver eensaam wag
Terwyl jy steeds alleen, alleen bly staan.

Ek haat verseker mense wat dink dat hulle weet
Hoe diep my seer my eensaam my stukkend vir hul lyk.
Ek haat ook selfs my self as ek so alleen moet voel
Oor goed uit my verlede wat sy toue om my woel.

Ek haat vandag, ek haat ook môre ek haat om op te staan
Ek haat my hoop ek haat my wense, ek haat my weer en weer en weer probeer
Ek haat as ander om my seer kry al wil ek so graag al daai seerkry keer.

Haat jy ook leuens, haat jy verraad, en haat jy ook as ander, ander seer wil maak.
Haat jy ook valsheid en halwe waarheid, ongeregtigheid en haat,
haat jy ook haat, wat bitterheid laat ontwaak.

Ek haat dat haat my oggend vul en saans langs my kom lê … Ek haat dat troos vir môre in vandag se haat bly lê.
Ja ek weet ek haat baie, ek haat alles wat verniel … Maar ek weet, ek weet ek haat hopeloos te min , die steler van my siel.

Ek wil ook hê …

Ek wil ook hê,
ore wat uit my duisend woorde die goue stukkies vang, wat aandagtig hoor en luister, wat aan my stories hang.
Ek wil ook hê,
oë wat diep in myne in, my wêreld wil verdwaal, deursoekend en in liefde my wese wil vertaal.
Ek wil ook hê,
lippe wat my alleen wil proe, my aura opneem, oor my vel verken, maar dieper as net voel se lekker ook my hart wil wen.
Ek wil ook hê,
arms wat om my nek wil vou, my nagte deur net hou, wat deur donker swaar, stukkend tye dieper aan my klou.
Ek wil ook hê,
hande wat oor my liggaam streel , oor my wang wil gly, wat saggies teer en aanhoudend net my aandag steel.
Ek wil ook hê
’n lyf wat naby net aan my wil wees, wat warm teen my voel, bene wat net om my wil vou as liefde wil verkoel
Ek wil ook hê
dat iemand se gedagtes, drome ook om my sal draai, wat Cupid en Valentyn se pyltjies in my land wil saai.
Ek wil ook hê,
een hart uit 2 verweef wat saam die lewe leef, soek na n liefde saam , wat een alleen nooit kan beleef.
Ek wil ook hê,
om gehê te word, my, net soos ek was, is of ooit sal wees. Om liefgehê te word ten spyte van my vrees.

Ek wil ook hê
darem ook net wat ek graag wil hê,
ek wil ook hê …
liewer as net sê.

Desperaat

As woorde dan uiteindelik weer in my ore in weerklink, oë ook na myne kyk.
Iemand ook van haar asem gee om my eensaam plat te stryk.
As een verleë mens sonder maat net als wil gee, in ’n enkel oomblik eens ’n maand, net ’n lag waardeer, die uur vergeet …

Is hy dan desperaat?

As omgee, luister saam wil deel, oudword, lewe, lag en huil, onverantwoordelik op die voorstoep speel.
As alles gee in net ’n uur mag saad, hoop en verraad mekaar verveel …

Is sy dan desperaat?

Desperaat is wanneer dood ons dreig, die byl al reeds daar lê!
Desperaat is as die son moet swyg en die nag kry die laaste sê!
Desperaat kan ook goed en gaaf ’n eie ekke wees, wat ongeag hoe mooi dit lyk besluite neem uit vrees!
Desperaat kan wegkruip agter mooi gebare, intensies sonder wet,
Desperaat, is as jy in ongenade, net jouself bly red …

As hy en sy net af en toe mekaar se wees waardeer, een die ander hul kokonne net gou verlaat.
Verdrink die oomblik, kort maar groot, ’n sewe jaar se seer.
As twee mense dan, gevange van die een een staat,
mekaar geniet, mekaar waardeer, in nou alleen se gange …

Wat is dan desperaat?

Desperaat is wanneer onheil dreig
Die son finaal gaan lê …
Desperaat is as die waarheid swyg
As die leun jou hart wil hê,
Desperaat is as omgee verkoop word vir ’n rand,
met bloed bevlek, van liefde stroop, met ’n eens liefdevolle hand.

As twee mense dan , die slawe van alleen alleen wees staat.
Mekaar geniet, mekaar waardeer, aan liefde ook wil raak,
wie is dan desperaat?

Onskuldiges

Onskuldige sorgvrye kinderdae verlore in ’n stryd,
van moeë verliefde man en vrou wat hul sonde bly ontwyk.
Onskuldig in die kruisvuur van verwyte en ontken, is steeds net die twee ogies wat nooit niks hieruit sal wen.

Verward en verdwaal soek ons weg van ons trou, skeur ons uit mekaar juis dit wat ons bymekaar moet hou.
In ’n soeke na kwansuise liefde, verraai ons juis wat liefde doen, vas hou, aanhou, ope arms wat soek om te versoen

So maak ons liefde vir onsself, belangriker as hoop , selfgeregtigdheid toegesmeer met bitter soete stroop.
So maak ons liefde ’n bloedbad van eie ek oorleef, my liefde vind! ’n slagveld wat eerder sleg met goed verweef.

Word hierdie mensie dan verwek uit net n eie liefdes lus? Ons skeppings mag so misbruik dat dit hoop op liefde blus?
Is moord ’n groter sonde as wanneer ons hierdie hartjie moor, die lewende hoop op liefde, met ons eie wil versmoor.

Onskuldig sorgvry kinder dae, verlore en verby,
als wat ek kon wen het toe net gegaan oor my.
Onskuldig bly ons skuldig om ons eie kinders te verraai
skuldig sal hy in sy onskuld, eendag saai wat hy nou maai.

Mixit

’n biki mixit v di hrtseer
’n biki mixit v di pyn
Net nog ’n biki mixit v my liefde wt weg kwyn

En al bring dit dalk nou vrede diep binne ve my smart
Verslind di mixit monster woes myn man se hart
Elke letter ruk ’n pond skeur ‘n stukkie vleis dan weg
Verwoestend sonder einde maak stukkend stukkend reg

Ek weet hy lê en wonder ve wie ek nou wee tik
Maa aners as daai dwelm raak my siel hierin verstrik.
Want imand anders gee di antwoord wat in my man se arms lê
Arms wat hart uitroep, skree : “luister asb tog wat ek sê”

Maa sonder dat ek weet, hoor my oor ’n halwe woord
Sonder dat ek weet pleeg ek …. ’n liefdes moord!

Ek wens hy kon verstaan, wa-oor di mixit gogga gaan,
Ek praat tog net ’n biki met mense wat verstaan.

Tevinnigteveel

Daar’s te veel wat ek wil sê … te lang sinne … te veel woorde, te diep .
Vers te veel stilte, in hart wat vers te veel lawaai,
te veel hoekoms en waaroms, wat ons moet raai.
Te veel wonder hoe jou lippe sal maak, as jy moet beskryf hoe ek dalk jou wêreld raak.
Daar’s te veel verlang na hopeloos te min, te veel onduidelikheid van waar als dan begin.
Te veel onseker en wonder van jou, te veel verwagting dat jy my dalk ook eendag sal wil hou.
Daar’s verseker te veel te vroeg en te gou, te veel van my wese wat alreeds om jou vou,
te veel van vêr wees, te veel wat ek wil vra
vêr te veel behoefte om jou seer saam met jou te dra.

Daar’s te min letters in die alfabet om te tik wat ek wil sê.
Te min minute se gesprek om te weet wat ek wil hê.
Daar’s te min van jou oë in die chats saam met jou,
te min van jou woorde wat beskryf waarvan jy hou

Daar’s te min drome deel te min saam lag en gesels,
daar’s vêr te min beskrywings in diepte, van wat Jy als behels.
Daar’s te min van jou gesiggie jou nek en jou lyf, te min wat ek sien om jou siel te beskryf.

Vêr te veel van hopeloos te min, ag man dit maak my crazy hoe maak ek hiervan sin. van vers te min kom hopeloos te veel, van vers te veel se min wat ons twee deel.
Vir te min en vers te baie is ek ook bietjie bang
weet net dat ek te min weet om so hopeloos te veel te wil verlang.

Hoop …

As Iemand my dan weggooi en niks van my wil dink.
Kan ek wil bly wegkruip in gedagtes wat my lewe wil vermink.
Of as iemand my bly slegsê, donker oor my spreek,
kan ek elke woordjie deel maak, my hart op hom wil wreek.

So maak ek plek vir duister om in my hart te wil kom woon
’n plek waar donker monsters my vyand in my kloon.
En voor ek my weer kan kry, staan daai monster in my deur,
met kloue diep gewortel in die stukkend van my seer.

Maar uit trane en van verwerping herinnering van seer,
kan ook blomme groei uit modder, sonskyn, na donderweer.
Ook kan woorde van vernietiging, wat op jou hart wil wreek,
raak ’n liefdeslied van lewe wat kettings om my breek.

Sien herinnering van gister, is alwaar dit kan bly
En woorde van vernietiging groei uit die skuld wat in een bly.
Vashou net aan gister steel die vreugde van vandag,
en ore leen aan bitter spraak, ontneem jou van jou krag.

As ek wil bly leef in gister, iemand anders se bitter hart.
Raak die lig in my meer donker oorweldig deur my smart.
Kyk hoop is daar nog altyd vir die hart wat daarna smag,
wat God wil gee vir môre, begin by wat ek kies vandag.

So kies dan , om eerder, uit gister op te staan,
om woorde wat my vreugde steel, met lewe plat te slaan!
So kies ons dan om na God te kyk, plaas na dit wat ander dink.
Uit Sy hart in myne, sal daar weer ’n lied van vreugde, uit hierdie hart weerklink.

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Stroomop nou op DVD | Roekeloos
2018-11-10 08:00:33
[…] opwindende avontuurverhaal, Stroomop (Ivan Botha se regisseursdebuut) wat deur 116 999 kyk...
Oesjaar | Roekeloos
2018-11-08 08:23:33
[…] Leeuspruit (2002), Diepverlange (2007), Onderweg (2011), Ligjare (2013), Doep Is Nie Dood ...
Bloed, dunner as water | Roekeloos
2018-11-07 13:58:12
[…] word familiebande so totaal verbreek? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.