Gedigte van Johannes van der Merwe

Stryd van ons tyd

In die winter van ons lewens
kom daar dae van veel berou
vergange tyd se strewes
vaag soos vroeë môre dou

Hoe groot tog onse voorreg
om in winternag se kou
Sy belofte te kan koester
in mens se hart behou

God het die mens geskape
om in beeltenis en gees
net soos ons abba Vader
Sy gelykenis te wees

As mens is ons so nietig
en sondig van natuur
dog, deur Sy groot genade
kan ons lewens ewig duur

Wanneer ons lekker lewe
dit voorspoedig met ons gaan
vergeet ons dan maar al te gou
wie die lewe vir ons baan

Die lewe leer ons keer op keer
soms deur swaarkry en deur rou
om in ons felste geestesstryd
op Hom net te vertrou!

Die satan poog voorturend
deur nes die slang te wees
mense kind van God vervreem
in verleiding van sy gees

Deur die leuen kon hy vir Eva
in behoefte van haar vlees
oortuig om hom in goedertrou
welwillend te wou wees

Soos elke dag, die son opkom
en saans weer onder gaan
so moet ons elke nuwe dag
weer op ons knieë gaan

Die mens is so verdorwe
deur satans gees verlei
en kan aldus, op geen manier
sy eie heil berei

‘n Donker wolk met ‘n silwer rant
verg dit te verstaan
waarom ons aardse lewe dan
net om mag en rykdom gaan

Dit is glad nie so maklik
om Koningskind te wees
dit skyn om wederstrewig
met heel die lewe te wil wees

So baie leef dan lekker
ontken selfs Sy bestaan
wie Sy lewe op sou offer
sodat ons na God kan gaan

Dis ons almal nie beskore
net die armes van Gees
om geborg deur Sy belofte
in Sy Koninkryk te wees

‘n Mens moet hier op aarde
ter bereiding van sy gees
in ruil vir ewig lewe
Sy vertroueling kan wees

So is dit ons gegewe
om deur waarheid en in gees
deur Heilig Gees gedrewe
dissipels te kan wees

Dit is daarom noodsaaklik
om deur voeding van ons gees
die hele heiden wêreld
‘n voorbeeld voor te wees

Dit is ons weg en voorreg
om ter wille van Sy naam
ons lewens op te offer
te vertel van Sy bestaan

Halsreikend moet ons strewe
as ons na God wil gaan
Sy Heilsleer uit te lewe
soos dit God se kind betaam

Wat weet ons van die lewe,
Sy almag, Sy bestaan?
slegs dat Hy vir ewig lewe
en ons na Hom kan gaan

Die mens die wik maar God beskik
ons hele aards bestaan
en wil dat ons in lewenstryd
ons oë na Hom opslaan

In ons werk en leef en strewes
lê die doel van ons bestaan
te besef God’s ewig lewe
kan slegs deur Christus gaan

Met die tyd word ons al gryser
maar wyser mettertyd
om ons lewens ons beskore
te verwyl met kindertyd

Om op te voed en aan te spreek
nie net lekker kuiertyd
te leer, te tug, te vergewe
dag na dag – voer die stryd

Soos ons die oudag nader
en ons die tuig neer lê
kom ons nader aan die Vader
om te wees wat Hy wil hê

Kinders van die allerhoogste
in die Hemele – so vry
klaar met aardse lewe
en verdien wat ons nou kry

God’s weë en skeppingsorde
en almagtig Koningkryk
bly vir mens se kind verborge
totdat aardse stryd verstryk

Dus kan ons al ons sorge
aan Christus toevertrou
maar moet ons heel ons lewe
Sy reddingsdaad onthou

Amen
Junie 2006

Afrikaner Wekroep

In die stryd van ons verlede, het ons Vadere gebou
‘n land, ‘n taal, ‘n nasie, aan God’s almag toevertrou
die geskiedenis nie vergete, gemarteld kind en vrou
maar in hitte van ons hede, sal ons steeds die vlag hoog hou!

Afrikaner, boerenasie, ons moet handhaaf en moet hou
die gelofte aan ons Here, soos belowe – bly getrou
aan Hom die eer, die roem, die oorwinning, Sy wil in goedertrou
te aanvaar, God’s wilsbesluit ook in lanfer van ons rou

Ons eer as volk mag nooit opgaan in groot verskeidenheid
van kleur en taal, kultuur, in newebeeld van ons tyd
te veg met reg, die opdraend stryd in groot omstredenheid
ons plig, ‘n felle stryd te stry, tot nimmer eindigheid

As volk geken, ‘n Christen volk, sal niks ons onderkry
uitverkore, blank gebore, ‘n volk om te beny
die gene van ons blankheid, gepoog om te verkry
deur ieder ander donker volk, begeer, maar nie te kry

Afrikaners, volksgenote, laat ons nie ons volk en taal
deur ons self of buitelander, laat vervaag, ons ideaal
om te lewe, strewe, sterwe, vir wat ons van God vra
ons kinders laat beërwe, ons land Suid-Afrika
September 2006

Oordenking

Ons reis na Ewig lewe
‘n Eensaam Pelgrimstog
Soekend gees gedrewe
Deur verlange, na God’s sorg

Ontstuimig soms ons lewens
Soos die branders van die see
Net so my siel onrustig
oor die gange van ons weë

Waarom moet ons as mensdom
In weerwil van ons gees
Ons lewe lank, en wederom
In aardse dwaling wees?

Waarom leef ons op aarde?
Wat’s die doel van ons bestaan?
Net ‘n lewe hier te lewe,
Wat in vergetelheid vergaan?

Waar lei dit alles heen?
Of lei dit al’s na niks?
Wat’s ons roeping hier op aarde?
Wat’s die einddoel, ons beskik?

Dit wás so, lank gelede
In die Paradys gewees
Toe God ons eens formeer het
Om Sy ewebeeld te wees

Onsterflik siel gebore
Deur die asem van Sy gees
Wie op aarde aangestel is
Om in beheer te wees

Dat Sy skepping hier op aarde
Ons gemene taak sou wees
Om op te pas en te versorg
Deur om Konings kind te wees

Wêrelds gees gedrewe
Deur behoeftes van die vlees
Gepoog, – in aardse koninkryk
Selfversorgend te kan wees

Dit sou die straf dan wees
Dat deur ons, ongehoorsaamheid
Ons heil’s verblyf en Edensvrug,
Op aarde, kwyt te wees

Kyk om jou heen, na die natuur
En vind dan weer die spoor
En sien dat, heel die skepping
Is daar om te bekoor!

Soms, wil ons dit nie weet nie
Dat wêreld mens se kind
Sy lewe lank deur harde werk
Sy brood sal moet verdien nie

Dat wêreld mens se maat, voortaan
Deur smart van barens nood
Sý kinders baar, en onder aan,
Hom bystaan tot die dood!

Ons lewens hier op aarde
Soos ons wonings – net ‘n tent
Die dag wat ons van hier verhuis
Is ons wonings permanent

Of ons dit glo of nie
Die besluit lê by onsself
Watter pad ons nou verkies,
Gered! – of ly verlies!
Oktober 2006

Droomland

Ek droom van ‘n land, ‘n Pragtige land
‘n land gegewe uit God se hand!
Waar die mens en die dier, kleur en kultuur
Genade beleef in rustige natuur

Ek droom van ‘n land, waar die son altyd skyn
‘n land bewaar deur ‘n Meester brein
Waar geloof die Skepper se kinders laat leef
Met dank vir genade en sonde vergeef!

Ek droom van ‘n land, waar ek ‘n tuiste kan skep
‘n land met moraal, vry van die duiwel se web
Waar met hoed in die hand, leiers van die land
Die Here nog eer vir Sy behoedende hand

Ek droom van ‘n land, waar die liefde gedy
‘n land van aansien, deur die hemel bevry
Geskenk uit Gods hand, deur christen gewy
En oral op aarde deur heiden beny!

Ek droom van ‘n land waar die eb en die vloed
Van heiden na christen, vernuwe in moed
Die land sal braak, soos die Here dit wil
Met vryheid en voorspoed om Sy naam ontwil

Ek droom van ‘n land waar ek christen kan wees
Met oorgawe die Skepper van liggaam en gees

Kan loof en kan prys, sonder dwang of in vrees
Tot my Here kan bid, waarlik Sy kind kan wees

Ek droom van ‘n land, waar die leiers dan nog
Deur te staan vir wat reg is, en sonder bedrog
Die sonde trotseer en die land laat bloei
Deur Godvresende leiding met vrede bemoei

Ek droom van ‘n land, waar die satan sal wyk
Wie se nommer op heiden se voorkop pryk
Teen wil en verset die aftog moet blaas
En die Here se wil dan seëvier, oplaas!

Met die eindtyd in sig wat God’s kind voor leef
Armagedon profesie van berge wat beef
So nader die dag wat die Skepper, Sy wil
Oor eeue vir mensdom beskryf, sal vervul

Maar te lank het die mens sy sondige natuur
Laat heers oor die skepping van Goddelik statuur
En hewig die helse droefheid en vrees
Wat wêreldse mens se einde sal wees!

Ek droom van ‘n hemel sò mooi, en ek’s bly
Van geswoeg en gesweet op aarde bevry
Vir ewig by Hom wat vir ons kan sê:
Glo in My as jy die ewige lewe wil hê

     Maar dit was nog net ‘n droom
November 2004

Lewer kommentaar

Leave a Reply