Mis jou
Die getik-tok van die horlosie teen die muur
Is soos roomys eet onder die water
Die stof lê soos ‘n kombers oor die appels
Net die appels gaan die geheim verklap
Jy is nie meer binne my bereik nie
Steeds hoor ek tik-tok, tik-tok
Die tyd stap aan, maar tyd is slegs
daar waar iemand is om dit te ervaar.
Ek en die appels is baie dieselfde …
Vanaf liefde tot haat
is ek vinnig in staat.
My gevoelens vir haar
is egter omonkeerbaar.
Net jammer dit is haat.
Vreemd
Die vreemde is wat mense dryf
Die mens is bang vir die vreemde
Die mens probeer by uitstek alles vreemds vermy
Die dood is vreemd vir die mens
Snaaks dat die dood ons dryf …
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)