Gebed van Dankbaarheid

`n gevoel van dankbaarheid spoel vandag oor my
ek is dankbaar vir als wat ek het,
van my gesondheid tot die mense wat my hart aangeraak het.
ek is dankbaar vir die wat my seer gemaak het – ek het daaruit geleer.
ek is dankbaar vir my sielsgenoot wat U op my pad gestuur het,
vir my ouers wat U nog so getrou vir my spaar.

Ek sien kinders wat geen huis het nie, wat nog van ouers.
Ek sien kinders wat ouers het, maar liefde word vervang met haat en woede
Ek sien huwelike wat elke dag verbrokkel
Ek sien elke dag glimlagte wat verdwyn..die hart word swart.
Ek sien geen dankbaarheid nie..almal soek net meer en meer.en nie meer gee.

Vandag is ek dankbaar oor al die mooi in my lewe.

Ek dank Lizelle Fourie

Ek verstaan

Ek sien jou vanaand (eintlik soos elke dag)
Hoe jy ongemerk na ander staar
Ek sien die leegheid in jou hart
Ek sien die begeerte in jou oë
Om `n bondeltjie-sproetgesig-liefde
in Jou arms te hou
En vir die wêreld te sê: Sy is myne.
Weet net dat ek jou leë arms sien en verstaan
Dat ek Jou lief het en bemin en jou nooit sal laat gaan.

Lizelle Fourie

My plakboek

al die letters lê hier voor my van a tot z
ek staar daarna en wonder oor die deurmekaar spul ?
dat al hierdie letters die mooiste liedjie, briefie gediggie kan bring.
en self ook jou binneste met hartseer kan vul.

ek wil die mooiste woorde op die tafel pak
daarmee die woorde rangskik en in my plakboek plak.

Maar hoe kan hierdie woorde ooit beskryf

My liefde vir Jou
My leegte sonder Jou
My vrede saam met Jou.

Dit kan net nie.

Lizelle Fourie

Lewer kommentaar

Leave a Reply