‘n Ongelooflike vrou
Die herfsblare val saggies op die grond,
ek loop deur die strate alleen rond.
Ek wonder waaarna toe die lewe gaan,
Die pad loop reguit in ‘n eenrigting baan.
‘n Sonstraal glimlag het ek gewaar,
dit het alle kwaad en seer binne my bedaar.
Kan dit wees dat dit waar is?
of lees ek net my gedagtes mis.
Ek sit hier op my bed en skryf
ek is so bang sy word weg gedryf.
Ek wil my hart oopmaak en bevry,
Maar ek dink ek gaan net seer kry.
Alles voel so reg vir my, Maar tog wil ek weg bly.
Ek kan nie ophou dink aan die aand op die stoel,
ek is so bang vir die gevoelens wat ek daarvan voel.
Is dit eerlik en eg of hartloop my hart met my weg.
Al wat ek weet is dat ek jou wil vashou
en alles wat seer en gebreek is probeer herbou,
want jy is vir my ‘n ongelooflike vrou.
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)