chaos

Die eerste ding waaraan ek kan dink is die see, bruisende branders en stilte.
Want vandag is ek moedeloos moeg en geklim aan die lewe se bulte.
Soveel dinge gebeur en verg aandag en energie
En al wat jy jouself probeer afvra is: vir wat? Vir wie?

Die wens om weg te breek van alles, al is dit ‘n droom,
Want die lewe bly knaag en pluk aan my reeds uitgerafelde soom.
My draad raak kort en my geduld raak min.
Want soveel in my lewe maak net absoluut boggerol sin.

Want probeer en probeer.frustrasies keer op keer …
Mislukkings, verpligtinge, en werk raak net meer …
Druk en beplan en nog werk en probeer reël.
Kan die see nie net sy rugstige afsondering met my deel?

Kan ons net vir een dag stilstaan sodat dinge kan bedaar.
Want die lewe tol om en om … maak my skoon naar …
Die moegheid oorval my, maar ek moet aanhou, maar …
Moet aanhou en aanhou, al is dit hoe swaar.

Ek dink aan die branders en met jou aan my sy.
Want jy is al wat keer dat ek in groendakkies bly.
Want jou tuiskoms saans is wat my trek deur die maalkolk
Van werk, verpligtinge, troureelings.die ewigdurende wolk.

Deur alles vergeet ons amper om te lag.
Die lewe word een ge”drag” – van dag, na dag na dag …
Roetine, werk, nog chaors en stress.
Fronse, en trane … probeer maar my bes.

Hulp sal nie help nie want niemand kan in my skoene staan …
Vir my werk soek, nonsense by die werk face, na onderhoude gaan.
Servetringe maak, overtime werk en na vriende se pype dans.
Wanneer, o wanneer kry ek en my behoeftes kans?

Wanneer kan ons by die see sit en van alles vergeet?
Want in my droom is net ons twee, moeg van al die nonsense op te vreet.
Maar is daar rus en vrede, geen chaos meer.
Daar is hoop – en niemand gaan ons keer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply