Die US Drama Departement bied die fisieke teater produksie, We are Cities aan in Augustus. Die produksie is gekonseptualiseer deur Samantha Pienaar wie ook die regie behartig.
Pienaar is al uitgenooi om haar oorspronklike dans en fisieke teater werk te doen by feeste reg oor Suid-Afrika en is in 2004 bekroon met die MEC Gauteng toekenning vir Mees Uitstaande opvoering van ‘n oorspronklike kontemporêre werk.
We are Cities maak gebruik van woorde, klanke, geprojekteerde beelde, dans, beweging, gebare en groepswerk.
Die subtiele en ingewikkelde fisiese taal, wat deur improvisasie ontwikkel is deur die akteurs, word ondersteun deur ‘n poëtiese teks wat herinnering, sterflikheid, tyd, identiteit en verhoudings ondersoek deur bekende akteur en skrywer Gerard Rudolph wat nou in Londen woon.
Die klankbaan gebruik die musiek van Nine Inch Nails, en veral hul nuutste album Ghosts 1-4.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

